Gevangenes baklei as gevolg van inperkings

Die Covid-pandemie het ook ‘n impak op gevangenes van die Namibiese Korrektiewe Dienste se fasiliteite gehad met besoeke en aktiwiteite wat vir ‘n ruk verbied was. Gerugte oor gevegte onder gevangenes doen die ronde op sosiale media. Sam Shaalulange van die Namibiese Korrektiewe Dienste het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die gevegte is nie kommerwekkend nie, maar deur verveeldheid en frustrasie onder gevangenes weens die Covid-beperkings veroorsaak.