Russe tot Sondag stembus toe

Russiese burgers sal tot Sondag in die parlementêre verkiesing stem wat as ’n platform kan dien om woede oor die ekonomie en die regering se optrede teen andersdenkendes en sy hantering van die Covid-pandemie uit te lig. Die stemmery in die wêreld se grootste land, wat oor 11 tydsones strek, het vandag begin en sal oor drie dae strek. Terwyl hy politieke opposisie en onafhanklike media onderdruk, probeer die Kremlin om die getal stemme vir Verenigde Rusland op te skuif. Die party se gewildheid is naby aan ’n geskiedkundige laagtepunt. President Wladimir Poetin het die Russe aangemoedig om te stem.