Kommerwekkende toename in tienerswangerskappe in Mpumalanga

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het tussen April 2020 en Augustus 2021 20 854 tienerswangerskappe in die provinsie se hospitale aangeteken. Meer as 14 400 van die meisies was tussen 15 en 19, terwyl 687 tussen 10 en 14 jaar oud was. Die uitvoerende hoof van die Themba-hospitaal net buite Mbombela, Thembi Matsinhe, sê sommige swangerskappe was die gevolg van meer as ‘n duisend gevalle van geslagsgeweld wat by die hospitaal aangemeld is. Sy dring by politieke en plaaslike leiers aan om hulle bydrae te lewer in die stryd teen geslagsgeweld in gemeenskappe.