Rusland stel eise aan Navo

Rusland het konsep-veiligheidseise aan die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Nato, gerig om die Oekraïne en ander voormalige Sowjet-lande lidmaatskap te weier. Moskou wil ook hê al die alliansie se militêre ontplooiings in Sentraal- en Oos-Europa moet terugtrek. Volgens internasionale media, sal Amerika en sy bondgenote beslis die voorbarige eise verwerp. Verder vra die Russe ‘n verbod op Amerikaanse en Russiese oorlogskepe en vliegtuie in gebiede waar hulle mekaar se gebiede direk kan aanval. Hulle versoek ook ‘n einde aan Nato se militêre oefeninge naby Rusland.