VSA-weermag skep taakmag vir “UFO’s”

Die Amerikaanse departement van verdediging se taakmag op ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe se ondersoek duur voort. Die taakmag is reeds in November vanjaar aangestel en vervang ‘n soortegelyke taakmag wat deur die Amerikaanse vloot hanteer is. Volgens owerhede is die doel eintlik om Amerikaanse lugruim te beveilig. Tot dusver is niks aangemeld nie maar, die vorige taakmag het 144 insidente aangemeld waarvan net een geïdentifiseer is as ‘n lugballon wat afgeblaas het. Die ander 143 insidente is as onverklaarbaar beskryf. Kan jy nou meer?