Tiger kom 5de in pa-en-seun toernooi

Tiger Woods en sy 12-jarige seun Charlie het gister ‘n een oor baansyfer 62 geslaan by die PGA-reeks in Orlando, Florida. Dit was die gewese kampioen se terugkeer na mededinging nadat sy been in Februarie in ‘n motorongeluk vergruis is. Woods en Charlie het saam met Justin Thomas en sy pa Mike gespeel. Daar is 19 pa-en-seun pare in die toernooi en een pa-en-dogter, met Nelly Korda en haar pa Petr. Die Woods-span het in die vyfde plek klaargemaak, drie houe agter die voorlopers, die Cink-span, en speel vandag in die eindronde.