Rusland sit diplomate van Letland, Litaue en Estland uit

Rusland gaan as vergelding tien diplomate van Letland, Litaue en Estland uit die land sit, nadat dié Baltiese lande Russiese diplomate oor die militêre optrede in Oekraïne uitgesit het. Die ministerie van buitelandse sake sê hy het die ambassadeurs van die drie EU- en Navo-lidlande ontbied en ten sterkste beswaar gemaak oor die “onregverdige” uitsetting van Russiese diplomate.  Die lande het die Russiese diplomate vroeër die maand uitgesit.