SA sokkerondersteuners aangemoedig om inentingskaarte na wedstryde te neem

Sokker: Die Premiersokkerliga het die Nedbank-kwarteindstryde van 8 en 9 April aangewys as die eerste wedstryde wat sal oop wees vir toeskouers. Dit volg na die regering se aankondiging oor skares wat mag terugkeer na stadions teen 50 persent-kapasiteit. Die liga se voorsitter, Irvin Khoza, het aan die media gesê die liga sal seker maak ondersteuners kan so veilig as moontlik terugkeer. Khoza sê ondersteuners sal identiteitsdokumente en inentingsertifikate moet saambring.