Rus veil Nobelprys op vir vlugtelinge

Die Russiese hoofredakteur van die onafhanklike koerant Novaya Gazeta, Dmitry Muratov, het sy Nobel-vredesprysmedalje opgeveil en vir 1,655 miljard Namibiese dollar verkoop. Hy sê al die geld word aan die Verenigde Nasies se internasionale noodfonds vir kinders, Unicef, geskenk om kinders te help wat deur die oorlog in Oekraïne ontwortel is. Muratov het die Nobel-vredesprys verlede jaar ontvang vir sy bydrae om vryheid van spraak in Rusland te verdedig. Hy sê die doel van die skenking is om kindervlugtelinge ‘n kans op ‘n toekoms te gee.