Staatskapingverslag: Uitstel is verdag

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die vertraging in die bekendmaking van die staatskapingsverslag wek agterdog. Die verslag sou gisteraand aan President Cyril Ramaphosa oorhandig word, maar die kommissie sê daar was uitdagings in die verwerking van afdeling vyf en ses van die verslag. Dit sal nou môre vrygestel word. Groenewald sê die agenda van die vergadering tussen Ramaphosa en die kommissie se voorsitter, Raymond Zondo, moet ook bekend gemaak word: