Rundu-dorpsraad skuld blykbaar N$2m

Die beleërde Paaie-kontrakteursmaatskappy, wat reeds onder geregtelike bestuur geplaas is en miljoen in skuldeisers het wat hy nie kan betaal nie, sê die Rundu-dorpsraad skuld hom net minder as 2 miljoen Namibiese dollar. Die maatskappy het ‘n hoërhof-aansoek gebring teen die dorpsraad en die minister van stedelike ontwikkeling. Hy sê die dorpsraad het reeds op 1 Desember 2020 ‘n skulderkenning geteken vir net minder as 3,3 miljoen dollar en ‘n afbetalingsooreenkoms is ook beklink. Maar, die dorpsraad het nie volgens die ooreenkoms betalings gemaak nie en nou word die balans opgeëis. Die saak word verdedig.