George Floyd: Nog twee tronk toe

Twee voormalige polisiebeamptes van Minneapolis is op federale klagtes gevonnis in verband met die moord op George Floyd. Die Amerikaanse distriksregter, Paul Magnuson, het Tou Thao tot drie- en ‘n half-jaar tronkstraf gevonnis, terwyl J Alexander Kueng tot drie-jaar gevonnis is. Thomas Lane is verlede week twee- en ‘n half-jaar opgelê. Die drie is in Februarie skuldig bevind dat hulle Floyd van sy burgerregte ontneem het toe hulle kollega, Derek Chauvin, tydens ‘n inhegtenisneming vir nege minute op sy nek gekniel het. Chauvin is tot 20- jaar en vyf-maande gevonnis.