Kenner verklaar skerp styging in Brent

Die prys van Brent ru-olie het vandag met amper 6 persent gestyg, na gister se styging van net meer as 2 persent. Die kommoditeit verhandel tans rondom 108 Amerikaanse dollar per vat. Dit volg na die Amerikaanse Federale Reserwebank die rentekoers met 75 basispunte opgestoot het. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, die Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom gepraat oor hoekom die skerp styging?