Rugby: Sharks verloor teen Connaught

Rugby:  Die Sharks kon Saterdagaand nie daarin slaag om ‘n rustyd-agterstand van 19 punte teen Connaught in Galway uit te wis nie, en het die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd met 24-12 verloor. Reën laat in die tweede helfte het sake nog moeiliker gemaak. Die tuisspan het vier drieë gedruk teenoor die Sharks se twee. In nog ‘n VRK-ontmoeting Saterdag het Benetton met 31-29 oor Ulster by Stadio Monigo geseevier,  en is nou vyfde op die punteleer. Die rustydtelling was 17-10 in Benetton se guns. In nog ‘n VRK-wedstryd het Edinburgh Zebre met 24-17 geklop.