Taliban onderteken olie-ooreenkoms met China

Die Taliban-beheerde regering in Afghanistan het ‘n kontrak met ‘n Chinese maatskappy onderteken om olie in die Amu Darya-kom te ontgin. Hy poog om die land se immer-verswakkende ekonomie te versterk. Die kontrak met China se Xinjiang Central Asia Petroleum and Gas Company, is die eerste groot buitelandse beleggings-ooreenkoms sedert die Taliban die mag in Kabul in 2021 oorgeneem het. Volgens die kontrak sal die Chinese firma tot 150 miljoen Amerikaanse dollar per jaar belê, wat sal verhoog tot 540 miljoen dollar binne drie jaar.