Plaasverkope in Namibië en SA herstel goed

Plaasverkope in Namibië en Suid-Afrika herstel goed ná die Covid-pandemie. Altesaam 3 864 plase is tussen Januarie en Oktober verlede jaar in die buurland verkoop, volgens Agri Development Solutions. Die voorsitter van die organisasie, Johann Bornman sê verkope is in sommige streke negatief beïnvloed weens die droogte wat die paar jaar daar heers. Kosmos het met Nick Dreyer, ‘n eiendomsagent by Agent by Aqua Real Estate, gepraat oor hoe dit met plaasverkope in Namibië gaan.