Rugby: Rustyd na harsingskudding verleng

Rugby: Elite-spelers gaan ‘n verlengde minimum tydperk op die kantlyn deurbring ingevolge strenger harsingskudding-protokolle wat Wêreldrugby vandag aangekondig het. Ingevolge die nuwe reëls wat op die eerste van volgende maand in werking tree, sal die meeste spelers wat met harsingskudding gediagnoseer word, hulle volgende wedstryd misloop. Tans is dit moontlik vir ‘n speler om die volgende naweek weer beskikbaar te wees. Die nuwe benadering sal spelers weglaat vir ‘n minimum van 12 dae, wat waarskynlik sal veroorsaak dat hulle hul volgende mededigende wedstryd misloop.