Operasie Dudula: Geen buitelanders mag by Parkstasie handel dryf

Operasie Dudula versoek die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, om slegs Suid-Afrikaners toe te laat om by Parkstasie in Johannesburg handel te dryf. Die beweging het voor die stasie betoog oor wat hulle beskou as “die terugeis van die ekonomie vanaf onwettige immigrante”. Volgens Dudula is 90 persent van die mense wat ondernemings by Parkstasie het, buitelanders. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makanda, sê die agentskap is bereid om met die groep in gesprek te tree deur behoorlike kommunikasiekanale rakende hierdie aangeleentheid.