Johannesburg pas strenger toegangsbeheer by afvalbestuurspersele toe

Die Stad Johannesburg beplan om streng toegangsbeheer toe te pas by sy afvalbestuurspersele nadat twee mense verlede week by die Robinson Deep-stortingsterrein doodgeskiet is. Die twee afvalherwinners is blykbaar dood in ‘n gebiedsoorlog tussen mededingende afval-sorteringsgroepe. Die burgemeesterskomiteeled vir omgewings- en onfrastruktuurdienste, Michael Sun, moedig die polisie aan om gereeld die stad se geriewe te deursoek.