Rugby: Oud-All Black sê Kiwi’s is steeds beter as Bokke

Rugby: Die oud-All Black, Jeff Wilson, sê Nieu-Seeland is steeds beter as die Springbokke, ondanks die loesing van 35-7 wat die Bokke hulle Vrydag op Twickenham toegedien het. Hy meen dit was die beste waartoe Suid-Afrika in staat is, terwyl sy land baie beter kan speel. Wilson het tussen 1993 en 2005, 60 toetse vir die All Blacks gespeel, insluitend 1995 se Wêreldbeker-toernooi, waarin sy span in die eindstryd teen die Bokke verloor het. Hy sê die slot, Scott Barrett, se rooi kaart, en Nieu-Seeland se onvermoë om die voordeel-lyn te oorheers, het Suid-Afrika op sy beste laat presteer.