DA: Verwagte salarisverhogings plaas Gautengse fiskus onder druk

Die DA in Gauteng sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het onlangs gewaarsku provinsies sal hoër as verwagte salarisverhogings uit hul bestaande begrotings moet befonds. Die ooreenkoms is eers bereik ná die begroting in Februarie ingedien is, en is dus nie ingereken nie. Adriana Randall van die DA sê kritieke dienslewerings-departemente soos gesondheid en maatskaplike ontwikkeling verwag reeds ‘n begroting wat teen die einde van die boekjaar oorbestee sal wees, wat min ruimte laat vir bykomende uitgawe-eise.