Routydperk in Burkino Faso

Die regering van Burkina Faso het twee dae van rou afgekondig na die dood van 41 mense in ‘n vermoedelik jihadi-aanval in die probleemgeteisterde noorde van die land. Die regering sê onder die oorledenes was lede van die amptelike self-verdedigingsmag, bekend as die Volunteers for the Defence of the Motherland, die VDP, wat op die been gebring is om die weermag te ondersteun. Vrywilligers ontvang 14 dae se opleiding en word dan op patrollies en waarnemingsendings uitgestuur, toegerus met ligte wapens. Onder die slagoffers van Donderdag se aanval was Ladji Yoro, wat as ‘n leier in die VDP in Burkina Faso beskou word.