Rory brand om op die baan te kom

Die wêreld se voormalige nommer een-speler, Rory McIlroy, sê hy is opnuut gemotiveerd sedert verlede jaar se Ryder-beker en sien uit na ‘n goeie seisoen. Mcllroy van Noord-Ierland speel vandeesweek teen van die wêreld se voorste spelers in die Abu Dhabi-kampioenskap. Hy sê daar is sekere aspekte van die spel wat die 15-malige major-wenner, Tiger Woods, in die verlede so goed in sy spel toegepas het, wat hy nou graag self sou wou probeer: