Ontvoering van 162 leerders in Noordwes, veroordeel

Die LUR vir Onderwys in Noordwes, Mmaphefo Matsemela, het die ontvoering van 162 leerders uit die Sekondêre Skool Tirelong skerp veroordeel. Die leerders is ten tyde van die voorval by die Boons Mega-plaasskool gehuisves. ‘n Groep onder die invloed van drank het in vier voertuie by die skool opgedaag en voorgegee hulle is ouers. Toe sekuriteitswagte hulle toegang tot die skool weier, het hulle ‘n bohaai opgeskop, ‘n hekkie by die skool oopgebreek en die kinders ontvoer. ‘n Woordvoerder van die departement, Elias Malind, sê die polisie ondersoek die voorval: