Roots nooi Bernadus Swartbooi Stampriet toe

Die Landless People’s Movement se leier, Bernadus Swartbooi, het vandag tydens ‘n mediakonferensie verskeie kwessies aangespreek. Onder meer het hy gesê Stampriet se Roots-landbouprojek mors water, omdat hulle dit van ondergrondse waterbronne kry. Die Roots-appelprojek is die eerste kommersiële appelboord in Namibië wat appels en verskeie vrugte en vars produkte produseer. Salomon Kalondo, ‘n vennoot van Roots het aan Kosmos 84.1 Nuus gesê hulle mors nie water nie en Swartbooi uitgenooi om hulle te besoek om te sien wat Roots werklik doen.