Studente-unie van Namibië eis minister van hoër onderwyser se kop

Die Studente-unie van Namibië eis die onmiddellike verwydering van die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi, asook die ontbinding van die raad van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF. Die studente is ook ongelukkig dat twee uitvoerende hoofde van die NSFAF gesamentlik ‘n maandelikse salaris van 320 000 Namibiese dollar kry. Die woordvoerder van die Studente-unie, Tyson Hihanguapo, gee aan Kosmos 94.1 Nuus die redes waarom die minister uit haar pos verwyder moet word.