Mensdom se voorouers het glo almal sterte gehad

Die mensdom se voorouers het blykbaar almal sterte gehad, maar navorsers het dalk die genetiese mutasie uitgeken wat verantwoordelik is dat mense en sekere primate die aanhangsel verloor het. ‘n Span navorsers van New York het gevind die TBXT-geen het ‘n mutasie wat by ape en mense voorkom, maar nie by bobbejane nie. Dit het waarskynlik veroorsaak dat sekere primate se sterte ongeveer 20 miljoen jaar gelede verdwyn het. Mense het wel as embrio’s ‘n stert, maar hulle verloor dit wanneer dit met die werwels saamsmelt om die stertbeen te vorm.