Rooilyn moet steeds waai, al is daar nuwe bek- en klouseer risiko’s

Die uitbreking van die ‘n nuwe variant van bek- en klouseer, serotipe-0, en die landbouminister se kommer oor die verspreiding van die siekte na die noordelike kommunale gebied, het weer die debat oor die verwydering van die rooilyn na vore gebring. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging daag die regering voor die hof om die kordonheining te verwyder. Sommige kenners is van mening dat die uitbreking weer die belangrikheid van die rooilyn beklemtoon veral as gevolg van die onwettige beweging van diere tussen Zamibë en Namibië, en Angola en Namibië. Maar Simon Amunime, woordvoerder van die beweging sê dis alles nonsens.