N$2,4 miljard vir MTC-aandele – waarvoor wil GRN dit gebruik?

Die notering van MTC op die Namibiese effektebeurs is steeds in die nuus. Kenners meen dat ongeveer 2,4 miljard Namibiese dollar verdien kan word uit die verkoop van die plaaslike telekommunikasie reus se aandele. Vroeër is daar berig dat die regering die maatskappy noteer om nodige fondse te verdien, maar waarvoor? Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Cons Karamata gepraat.