Hewige reaksie op Weinstein se ‘kwytskelding’

Die Hollywood-aktrise Ashley Judd sê die tersydestelling van rolprentmagnaat Harvey Weinstein se 2020-skuldigbevinding aan seksmisdade, is onregverdig teenoor slagoffers. Sy was van die eerstes wat bewerings teen hom gemaak het. New York se hoogste hof het opdrag gegee vir ʼn nuwe verhoor nadat regters aangevoer het daar was foute in die manier waarop sy verhoor plaasgevind het. Die Oscar-wenner, Mira Sorvino, beweer Weinstein het haar seksueel geteister voordat hy haar loopbaan onderdruk het. Sy sê sy is met afsku vervul oor die regstelsel skuldiges bo slagoffers stel.