Verbod op alkohol advertensies sal vermaak ook kelder

Die Namibiese vermaaklikheidsbedryf sê die beplande verbod op advertensies en borgskappe deur alkoholiese handelsmerke sal volgens Namibia Breweries sal ‘n verwoestende impak op dié bedryf hê. Miljarde dollar se staatsinkomste en honderde werksgeleenthede is op die spel sou die regering deurdruk met sy omstrede konsepwetgewing vir die voorkoming en behandeling van die misbruik van skadelike middels. June Shimuoshili, ‘n kenner van die plaaslike vermaaklikheidsbedryf, het haar reaksie in die verband aan Kosmos 94.1 so verwoord.