Roof of Africa brou die beste bier in Afrika

Roof of Africa Craft Brewery van die Roof of Africa Hotel, Konferensiesentrum en Restaurant in Windhoek het ‘n goue medalje in die Afrika Bier-beker vir hul Roof Draught gewen, asook ‘n brons medalje vir hul Roof Pilsner. Dit is die derde keer wat Roof of Africa se mikro-bierbrouery toekennings in die kompetisie gewen het. Namibia se Camelthorn Urbock van Namibia Breweries het ook ‘n brons medalje gewen.