Antieke Egiptiese mummies naby Kaïro ontdek

Argeoloë in Egipte het honderde Egiptiese doodskiste en bronsbeelde in die dodestad van Sakkara naby Kaïro ontdek. Hulle dateer 2 500 jaar terug. Deel van die vonds is 250 beskilderde doodskiste met goedbewaarde mummies daarin, en ‘n versameling bronshouers wat in rituele gebruik is om die godin Isis te aanbid. Die kiste gaan nou na die Groot Egiptiese Museum waar dit uitgestal sal word.