Rolprent-vervaardiger was saam met Proud Boys op 6 Januarie

‘n Britse vervaardiger van dokumentêre Nick Quested, was besig om die Proud Boys te verfilm ten tye van die opstand op 6 Januarie. Hy het by die openbare verhoor van die komitee wat ondersoek na die voorval instel, getuig oor presies wat daardie oggend gebeur het, dit na hy die leier van die Proud Boys Enrique Tarrio en Stewart Rhodes, die leier van die Oath Keepers die vorige aand in ‘n parkeerarea verfilm het terwyl hulle ontmoet het. Hy sê hy was verbaas toe die groep oudpresident Donald Trump se byeenkoms verlaat het.

Hy sê die algehele atmosfeer het al hoe donkerder geraak hoe nader hulle aan Capitol Hill beweeg het.