Hoogeplaasdes in VSA vra vir beter wapenbeheer

Meer as 200 uitvoerende hoofde van groot maatskappye in Amerika het ‘n beroep op die Senaat gedoen om onmiddellik op te tree en wapengeweld in die land te verminder. Dit sluit Levi Strauss, Lululemon en Unilever in. Dit volg nadat die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers ‘n omvattende wapenbeheer-wetsontwerp goedgekeur het in reaksie op onlangse massa-skietvoorvalle in Buffalo, New York en Uvalde, Texas. Die Republikeinse opposisie in die Senaat reken egter die wetsontwerp het slegs ‘n geringe kans om wet te word. Die hoofde sê die wapengeweld-epidemie verteenwoordig ‘n krisis in openbare gesondheid.