Robot help nou met operasies by Tygerberg-hospitaal

Baanbrekerswerk word nou by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad gedoen met tegnologie wat hulle toelaat om operasies met behulp van ‘n robot te doen. Dis die eerste hospitaal op die vasteland wat hierdie nuwe metode gebruik. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die Da Vinci-robot-program berus op jare se ondervinding met minimaal ingrypende operasies. Hy het beklemtoon die outomaat doen nie die operasie op sy eie nie. Die stelsel verskaf aan dokters die nodige instrumente wat van ‘n beheerpaneel af gelei word.