Namibiese groentekwekers moet hul produkte met tegnologie bemark

Die verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram in Namibië, Alka Bhatia, het Namibiese groentekwekers van die Stedelike Landbouprojek aangemoedig om tegnologie te gebruik om hul produkte te bemark. Die projek is deur die VN se Ontwikkelingsprogram in samewerking met die munisipaliteit van Swakopmund en met finansiële hulp van die Japannese regering in Junie 2021 van stapel gestuur om voedselsekuriteit in stedelike gebiede te verseker. Die projek ondersteun ook die Koop plaaslik-veldtog. Daar is tans 25 persone wat deel is van die projek wat spinasie, komkommers, groenpepers, tamaties en ander groente kweek wat plaaslik verbruik en verkoop word.