Reuse-vergrype van regte in Sudan

Meer as 50 menseregtegroepe wat meestal in Afrika werksaam is, vra aandag vir die oorloggeteisterde Sudan veral in die lig van die Verenigde Nasies se 78ste Algemene Vergadering wat volgende week begin. Daar is reuse-humanitêre uitdagings met die oorlog wat sedert 15 April voortduur. Volgens Human Rights Watch het die konflik en gepaardgaande gruweldade na die westelike streek van Darfur en die suidelike state van Suid-Kordofan en Blou Nyl versprei. Die organisasie sê daar is doelbewuste aanvalle op burgerlikes, seksuele geweld neem toe, en diegene wat die gruwels probeer rapporteer – joernaliste en menseregteverdedigers – word stilgemaak.