Trump-bondgenoot: Versigtig vir hoe ons in ’24 stem

Jenna Ellis – die prokureur van Donald Trump wat soos die voormalige president kriminele aanklagte in die gesig staar oor ‘n poging tot verkiesingsondermyning in sy nederlaag teen Joe Biden in 2020 – sê sy sal nie in die toekoms vir hom stem nie, omdat hy ‘n kwaadaardige narsis is wat nie foute kan erken nie. Ellis het op haar program gepraat op American Family Radio, ‘n regse evangeliese netwerk. Ellis was een van 18 Trump-genote wat saam met hom in Georgia aangekla is oor pogings om Biden se oorwinning daar om te keer. “As Amerikaners en as konserwatiewes en veral as Christene, moet ons dit baie ernstig opneem en verstaan waar ons ons stem plaas,” het sy gesê.