Republikein Kevin McCarthy verloor 11de stemming vir speaker

Die Republikeinse leier van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy, het weer eens misluk om tot speaker verkies te word. ’n Groep van 20 stoere Republikeine het op die derde dag van die stemmery ‘n 11de poging in die wiele gery om hom te verkies. Hulle het nie volle vertroue in dié kongreslid van Kalifornië se  opregtheid oor konserwatisme nie, ondanks steun van oudpresident Donald Trump. Die Republikeine het in November se middeltermyn-verkiesing beheer oorgeneem, maar die huis kon nie lede inhuldig of wetsontwerpe deurvoer sonder ‘n verkose speaker nie.