Tennis: Nóg ‘n terugslag vir Djokovic

Tennis: Novak Djokovic gaan vanjaar die toernooi by Indian Wells die Miami Ope ATP 1000 misloop indien hy steeds nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Amerikaanse amptenare het aangekondig burgers van ander lande moet ingeënt wees om in die land toegelaat te word. Djokovic is nou nommer vyf in die wêreld. Hy kan nog verder terugsak indien hy die twee groot toernooie misloop. Die 35-jarige Serwiër speel vandeesmaand in die Australiese Ope nadat hy verlede jaar kort voor die major gedeporteer is omdat hy nie ingeënt is nie.