Ramaphosa: Vertroue in ANC vertroebel

Die president van die ANC Cyril Ramaphosa erken die party se implementering van beleid is ondoeltreffend. Hy het by die hervatting van die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie gepraat waar hy die mislukkings en suksesse van die beleid uitgelig het. Hy het tydens ʼn virtuele sitting aan afgevaardigdes gesê die mislukkings het die vertroue tussen die party en die mense vertroebel.