Reparasies sal weer met Duitsland onderhandel word

Die adjunk Namibiese president Nangolo Mbumba sê die regering sal weer met hul Duitse eweknieë ontmoet om die 18 miljard Namibiese dollar se reparasie-betaling te hersien omdat nie alle gemeenskappe gelukkig is met die onderhandelings nie. Mbumba sê die gemeenskappe wat geraak is, die regering en Namibiërs in die algemeen, ooreen moet stem oor die skikking. Na nege rondes van onderhandelinge oor ‘n tydperk van sewe jaar tussen 2015 en 2022, het Namibië en Duitsland oor die teks van ‘n gesamentlike verklaring en ‘n bedrag van 1,1 miljard euro, wat afsonderlik vir bestaande hulpprogramme oor 30 jaar vergoed sal word, geskik. Na ‘n debat in die Nasionale Vergadering, is kwessies wat in die gesamentlike verklaring geopper is, na die regering terugverwys vir verdere onderhandelinge wat insluit dat die Duitse regering blykbaar nie die gruweldade wat teen die Ovaherero- en Nama-mense tussen 1904 en 1908 gepleeg is, verstaan en amptelik wil erken nie.