Vier kindertjies, tussen 2 en 4, versmoor in motor in die Vrystaat

Vier kinders van tussen twee- en vier-jaar-oud het versmoor in ‘n ou motor in Petsana in die Vrystaat. Die polisie het ‘n klagte ontvang oor ‘n huis in Petsana waar kinders in ‘n motor vasgekeer was. Daar word beweer die kinders is laas gesien toe hulel buite gespeel het onder die toesig van hul 72-jarige ouma. ‘n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê ‘n familielid het hulle bewusteloos aangetref: