Renosterhorings in sjokolode by OR Tambo versteek

Die Valke in Suid-Afrika het ses stukke renosterhoring by die OR Tambo Internasionale Lughawe ontdek. ‘n Sekerheidsbeampte wat die skandeerders beman, het ‘n verdagte pakkie opgemerk en die betrokke owerhede gewaarsku. Die pakkie is oopgemaak en het ‘n houer met sjokolade bevat, met die horings binne-in versteek. Verdere ondersoek het na die verdagte se motor gelei, waarin ‘n onbekende bedrag geld onder die bestuurder se sitplek versteek was. Die 46-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Kempton Park Landdroshof verskyn.