Nuwe reëls vir atletiekskoene

Die dikte van die sole van alle altetiekskoene in baan- en veld-items sal vereenvoudig word tot ‘n stapelhoogte van 20 millimeter vanaf 1 November 2024. Wêreld Atletiek sê daar is op die tydlyn ooreengekom ten einde skoenvervaardigers genoeg kennis te gee. Huidige regulasies bepaal dat skoene ‘n maksimum-dikte van tussen 20 en 25 millimeter moet hê, afhangende van die item, terwyl dit vir padwedlope kan opgaan tot so hoog as 40 millimeter. Wêreld Atletiek sê ook atletiekskoene mag nie nou of in die toekoms enige sensor-toerusting wat ingebed is, of enige intelligente tegnologie bevat nie.