Rehoboth verleng weer sperdatum vir diere op die dorp

In Oktober verlede jaar het die Rehoboth-dorpsraad 30 dae aan sy inwoners gegee om lewende hawe soos hoenders, perde, donkies en varke in residensiële erwe te verwyder. Die dorpsraad het in ‘n verklaring gesê hulle het verskeie klagtes van inwoners ontvang van diere wat hul rus verstoor. Inwoners is gesê daar sal voor 27 Oktober 2021 op hul diere beslag gelê word as hulle nie verwyder is nie. Tans is daar steeds talle inwoners wat diere in hul erwe aanhou. Enrico Junias, die burgemeester van Rehoboth verduidelik hul plan van aksie.