Mosies van wantroue teen Cyril en sy kabinet vandag

Die Suid-Afrikaanse parlement gaan vanmiddag twee mosies van wantroue debatteer  – een in President Cyril Ramaphosa en een in sy kabinet. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het reeds die African Transformation Movement se versoek geweier dat sy mosie teen Ramaphosa uitgestel word hangende ‘n hofbeslissing oor ‘n geheime stemming. Die DA het die mosie teen die kabinet ingestel. Die debat begin twee-uur.