Bekostigbare behuising: Banke moet tafel toe kom, sê minister

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië hou vandag sy konferensie oor bekostigbare behuising in Namibië. Behuising, veral bekostigbare behuising, raak al hoe meer van ‘n uitdaging vir die normale persoon. Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, sê banke moet tafel toe kom omdat die regering se mandaat net so ver strek.