Rehoboth-Tsumis brand onder beheer, 22 000 hektaar verwoes

Die Rehoboth-Tsumis veldbrand is uiteindelik, na twee dae, onder beheer gebring. Volgens die jongste inligting is die laaste vlamme naby die Tsumis landboukollege rondom 11-uur Vrydagnag geblus. Daar word beraam dat meer as 22 000 hektaar verwoes is en boere het groot kommer oor die komende maande. Voorspellings vir reën dui aan dat die eerste buie rondom November verwag word. Verlede jaar het die land ‘n rekord brandseisoen beleef met ongeveer 2,5 miljoen hektaar wat teen November 2021 afgebrand het.